
Louise
Daar is lewe in Papawer patrone geblaas toe 'n vriendin my versoek het om vir haar dogtertjie 'n Voortrekker kappie te maak. Liefde vir naaldwerk, kultuur en geskiedenis het die eerste pdf-patroon tot stand help bring. Daar is 'n geborge skoonheid daarin om vir iemand iets te maak met jou hande. Ek is opgewonde oor die mylpale wat nog vir PP voorlê.
Die Esmé-kappie is vernoem na ‘n liewe vriendin se dogter. As die nie vir hierdie vriendin was wat ‘n kappie vir haar dogterjie bestel het nie, sou ek nooit die patroon opgetrek het nie.
Die Esmé is 'n lang tuit kappie met 'n kort nek valletjie. Die nekvalletjie kan enkel- of dubbellaag opgewerk word. Die patroon is ideaal vir geweefde katoen. Daar is geen borduurwerk, plooiwerk of kant-detail ingesluit in die patroon nie. Enige genoemde detail wat op die fotos sigbaar is is vooraf op die lap aangebring.
Die patroon sluit in:
1. PDF-aflaaibare patroon in 2x groottes (ASTER 2 tot 10 jaar en BOERENOOI >10 jaar)
2. PDF-instruksies